SportSport

Jong atlete kry waardevolle ervaring by o.20 Wêreldkampioenskappe

Die NWU verspringatleet, Karmen Fouché, het in die finaal van die vroue verspringitem ‘n nuwe persoonlike beste afstand van 6.31 meter opgestel.

Potchefstroom se top jong opkomende atlete het hulle talent teen die beste in die wêreld by die afgelope o.20 Wêreldatletiekkampioenskappe in Cali, Kolombië bewys.

Hierdie kampioenskappe wat vanaf 1-6 Augustus plaasgevind het, was ‘n uitstekende geleentheid vir Atletiek Sentraal Noordwes se beste atlete om hulle land met trots te verteenwoordig.

Danielle Verster kom negende in haar 1500m-item

Die NWU verspringatleet, Karmen Fouché, het in die finaal van die vroue verspringitem ‘n nuwe persoonlike beste afstand van 6.31 meter opgestel. Dit was net 19 cm kort van ‘n bronsmedalje en Fouché kan trots wees met haar algehele sesde plek wat ‘n uitstaande prestasie is.

Karmen Fouche behaal ‘n briljante sesde plek in die vroue verspring-item.

Nog ‘n voormalige Gimmie wat haar reputasie versterk het is die middelafstand atleet, Danielle Verster.

Verster het in die 1500 meter-finaal met ‘n tyd van 4:16.36 ‘n negende plek behaal.

Armand Willemse het ‘n 13de algehele plek tydens die mans spiesgooi-item behaal.

Armand Willemse, ‘n matriekleerder van Gimmies, skitter ook in sy eerste groot internasionale byeenkoms met ‘n gooi van 65.80 meter. Hy behaal ‘n 13de algehele plek uit 18 atlete en mis net uit vir ‘n plek in die finaal.

Willemse moes ‘n paar beseringstruikelblokke oorkom om die vliegtuig na Kolombië te haal, en het nietemin op sy ouderdom teen atlete 2 jaar ouer as hy beslis die mas opgekom.

Volkies se matriekleerder en top stapper, Janise Nell, het in haar tweede agtereenvolgende o.20 kampioenskappe deelgeneem.

Sy behaal ‘n tyd van 56:56.62 om die 40ste plek te vat.

Suid-Afrika behaal algeheel 5 medaljes (2 goud, 1 silwer en 2 brond) gedurende hierdie kampioenskappe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button