SportSport

Gimmies se eerste seunshokkiespan vat silwer by Noordvaal

Gimmies se eerste seunshokkiespan behaal ‘n fantastiese tweede plek in die o.19A afdeling van die jaarlikse Noordvaal Hokkietoernooi wat die afgelope naweek plaasgevind het.

Gimmies se eerste seunshokkiespan behaal ‘n fantastiese tweede plek in die o.19A afdeling van die jaarlikse Noordvaal Hokkietoernooi wat die afgelope naweek plaasgevind het.
Gimmies het die eindstryd 2-1 teen Ligbron verloor.

Gimmies se seunshokkiespan matrieks wat hulle laaste Noordvaal wedstryd gespeel het. Hier is hulle saam afrigter, Mthokozo Mbotho. 
Gimmies se eerste seunshokkiespan is naaswenners van die Noordvaal o.19 toernooi.

Hierdie span het in die groepfase net-net kop bo water gehou na hulle teen Waterkloof met 2-1 verloor het en teen Hoërskool Krugersdorp met 2-2 gelykop gespeel het.
Gimmies se doelwagter, Wian Landman, was briljant en sy werksverrigting het sy span na die kwarteindrondtes geneem.
Dit is toe dat Gimmies hulle vorm terugkry en klop vir Hoërskool Middelburg gemaklik 3-0. In die halfeindstryd teen Noordheuwel vat Gimmies ‘n 4-3 oorwinning (8 sekondes) nadat die wedstryd in gewone tyd 1-1 geëindig het. Edwin Nelson, onderkaptein was in hierdie wedstryd ‘n besliste staatmaker.
Gimmies se eerste dogtershokkiespan eindig in die vyfde plek in hulle Noordvaaltoernooi. Na groot oorwinnings teen Nelspruit (3-0), Monument (4-0) en Midstream (5-0) in groepwedstryde, val hul vas in die kwarteindrondte teen Pretoria Girls High met 1-0.

Gimmies se eerste dogters hokkiespan behaal ‘n vyfde plek algeheel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button