SportSport

Ferdies maak geskiedenis in Noordvaal-eindstryd

Ferdies se eersterugbyspan, moes Saterdag (20 Augustus) die knieg 'n derde keer vanjaar teen Koster Gekombineerde Skool buig. 

Ferdies se eersterugbyspan, moes Saterdag (20 Augustus) die knieg ‘n derde keer vanjaar teen Koster Gekombineerde Skool buig.

Die eindtelling in die eindstryd was 21 – 9. Alhoewel die span verloor het, het hulle geskiedenis vir die skool gemaak deur die eerste span van die skool te wees wat tot ‘n Noordvaaleindstryd deurdring. Onder leiding van Joe Seerane, hoofafrigter en Dejon Weyers, hulpafrigter het die groep van Ferdies goed gegroei.

Ferdies het vroeg in die eerste helfte op Koster se foute gekapitaliseer. Stephan Bronkhorst het vir Ferdies die voor tou genee deur goeie stelkopwerk. Ferdies se verdediging het goed gehou met Koster wat slegs een drie teen die manne van Potchefstroom kon druk.

Die Potchefstromers se hantering het hulle egter onder baie druk geplaas. Dit het vir Koster ‘n sterk aanvalsplatform gebied. Koster kon daarin slaag om weer in die tweede helfte te gaan druk na ‘n rits strafskoppe wat hulle verdoel het.

“Daar is bitter min seuns wat so lang seisoen het, vir Ferdies is dit ‘n eerste. Ek is ‘n trotse afrigter. Die seuns was regtig die beste weergawe van hulleself gewees,” het hoofafrigter, Joe Seerane na die wedstryd gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button