SportSport

Nuwe hoofstuk vir suksesvolle krieketafrigter

Schmitt is as Krieket Suid-Afrika (KSA) se Provinsiale Krieketafrigter van die Jaar vir vrouekrieket benoem.

Die bekroonde einde van ‘n nege jaar lange hoofstuk is die begin van ‘n opwindende nuwe een in die plaaslike krieketafrigter, Wynand Schmitt, se loopbaan.

Schmitt, in krieketkringe beter bekend as Duimpie, het sy nege jaar verbintenis by Noordwes Krieket se vrouespanne op ‘n hoogtepunt verlaat toe hy as Krieket Suid-Afrika (KSA) se vroue provinsiale Krieketafrigter van die Jaar benoem is.

“Dit is ‘n baie groot toekenning en iets waaroor ek dankbaar is. Dat drie van NW Krieket se vrouespelers ook toekennings ontvang het, wys dat vrouekrieket in NW op ‘n goeie plek is,” noem hy.

Lizelle Lee is as die T20 Internasionale Speler van die Jaar, Tazmin Brits as die vroue Provinsiale Speler van die Jaar en Elandri Janse van Rensburg as die Dogters o.19 Speler van die Toernooi vereer.

Wynand Schmitt gaan na nege jaar se diens by Noordwes Krieket, hom nou by Volkies Krieket vestig. Foto: Noordwes Krieket

Schmitt het onlangs by NW Krieket bedank en gaan nou voltyds by Hoër Volkskool Potchefstroom afrig.

“Ek het ‘n baie goeie geleentheid by Volkies gekry en ek sien baie uit na die nuwe hoofstuk,” vertel Schmitt.

Hierdie suksesvolle afrigter het sy reis van Noordwes Krieket in 2013 as assistent-afrigter vir die NW Dragons Vrouekrieketspan begin. Francois van der Merwe was toe hoofafrigter.

Saam het hulle vrouekrieket in Noordwes gebou tot waar dit vandag is. Na ses jaar as hulpafrigter het Schmitt as hoofafrigter oorgeneem en verseker dat die NW Dragons Vroue een van die top spanne in die land is met ‘n sterk pyplyn van jong spelers vir toekomstige spanne.

The Senwes NW Dragons women. Photo: Annette Willemse

“Toe ek begin het was vrouekrieket nog baie klein gewees. Daar was nie regtig ‘n pyplyn nie. Ons het ‘n span gevat en opgebou om een van die beste in die land te wees. Dit is vir my een van die groot prestasies,” beklemtoon hy.

“Dit was ook ‘n hoogtepunt toe die NW Dragons vroue ook meer kompetisies wen. Om as hoofafrigter vanjaar met ‘n jong span te wen (die helfte van die span bestaan uit skoolmeisies), was ook ‘n groot prestasie,” voeg hy by.

Dit is vir Schmitt belangrik dat die regte sisteme en pyplyne nou in plek is na ‘n lang proses van ontwikkeling.

“In die begin was die Noordwes vrouespanne vir opponent ‘n maklike wedstryd. Nou weet almal dit gaan ‘n harde wedstryd wees. Noordwes Krieket lewer konstant nasionale spelers op en daar is ook nou ‘n baie sterk pyplyn met vroue krieketspelers wat deurkom. Daar is nou o.13, o.16 en o.19 spanne.”

Schmitt het nog nooit vir harde werk geskrik nie en weet wat dit verg om bo uit te kom.

“My mentors is beslis Francois van der Merwe (NW Dragons vroue) en Andries Huisamen (Volkies). Hulle het my baie gehelp om ‘n beter afrigter te word en ‘n groot rol gespeel in die sukses van die spanne wat ek afgerig het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button