Die Potchefstroom Swemklub se swemmer was weer soos visse in die water met puik prestasies tydens die Noordwes-kortbad kampioenskappe wat vanaf 23-25 September in Phokeng net buite Rustenburg plaasgevind het.
Die drie dae se swem het gesorg vir fantastiese vertonings deur Potch Swemklub se swemmers. Onder leiding van afrigter, Marike van Oort, laat spat die klub swemmers niks minder as 31 individuele rekords en palm ’n totaal van 137 individuele medaljes in.
Die spogvertonings van die klub se aflosspanne getuig van puik kwaliteit afrigting. 7 Aflosrekords word gebreek, en 11 goud, 3 silwer en 4 brons medaljes word deur die aflosspanne huis toe gebring.
Potchefstroom Swemklub se seuns eindig tweede in die provinsie met ’n puntetelling van 2191.5. Die meisies staan nie een tree terug en eindig ook tweede met ñ punte telling van 2730 Algeheel verower hierdie klub ’n tweede plek uit die 10 klubs wat aan die Noordwes-swemkampioenskappe deel geneem het.
Wian Bartleman kwalifiseer in die 100m rugslag en 200m borsslag vir die SA Nationale Junior Kampioenskappe wat Maart 2023 in Durban gaan plaasvind, hy wen 4 goue en 4 silwer medaljes, breek 4 byeenkomsrekords en 3 provinsiale rekords. Joël Kriek swem twee B Kwalifiserende tye vir die SA Senior Nasionale Kampioenskappe in die 50m rugslag en 100m rugslag. Hy wen ook 1 goud, 3 Silwer en 2 brons medaljes.
Chazél Orton swem ñ A kwalifiserende tyd vir die SA Senior Nasionale Kampioenskappe wat in Gqerberha April 2023 sal plaasvind in die 200m rugslag en B kwalifiserende tye in die 100, 200 en 400m vryslag, 50 en 100m rugslag asook die 200m Wisselslag, sy wen 13 goue medaljes en 1 silwer, met 6 byeenkomsrekords en 4 provinsiale rekords. René Kotze maak naam met 14 goues en 5 byeenkomsrekords en 3 provinsiale rekords. Kiana Borstlap swem 11 goues los en breek 1 byeenkomsrekord asook 1 provinsiale rekord.
Potchefstroom Swemklub se ander rekordbrekers en spog swemmers is as volg:
Byeenkomsrekords:
Alexia Delicado, 1 rekord
Tiago Gomes, 1 rekord
Christiaan Liebenberg, 1 rekord
Xandri Palmer, 1 rekord
Medalje-wenners:
Janco Bartleman, 3 Silwer en 5 Brons
Ewald Bartleman, 2 Goud en 4 Silwer
Deoné Borstlap, 1 Brons
Alexia Delicado, 2 Goud en 4 Silwer
Pieter-Jacq du Toit, 2 Brons
Retief Esterhuizen, 1 Silwer en 1 Brons
Jace Gomes, 3 Silwer en 1 Brons
Tiago Gomes, 2 Goud, 4 Silwer en 3 Brons
Madelé Harding, 1 Silwer en 3 Brons
Lianne Labuschagne, 1 Brons
Christiaan Liebenberg, 2 Goud, 3 Silwer en 1 Brons
Inneke Liebenberg, 1 Goud en 2 Brons
Mathilda Liebenberg, 3 Goud en 2 Silwer
Deidré Olivier, 1 Brons
Egbert Palmer, 4 Brons
Xandri Palmer, 2 Goud, 2 Silwer en 2 Brons
Amori Potgieter, 4 Silwer en 1 Brons
Janco Uys, 1 Silwer en 2 Brons
Lisa van der Westhuizen, 1 Silwer
Marno van der Merwe, 2 Goud, 3 Silwer en 1 Brons
Renate van der Merwe, 1 Goud en 1 Brons
Heinrich Zitzke, 1 Goud en 1 Brons
Kontak gerus vir Marelize van der Merwe, die klub seketaresse, by 082 898 2994 vir enige navrae.











