Ventersdorp Perdryklub het by die 2022 Suid Afrikaanse Western Mounted Games Kampioenskappe in Parys verlede maand uitgeblink en uitstaande prestasies behaal. Agt van die klub se ruiters het in veskillende afdelings meegeding saam met meer as 500 ruiters. Elkeen van Ventersdorp se ruiters het pryse verwerf.
Hier is die presteerders:


- Edrick Fritz op Prinses het van vlak S1 na S2 opgeskuif. Hy eindig in ‘n 14de plek op vlak S2.
- Zandrè Fritz op Ruby stap weg as die algehele wenner in Suid-Afrika van afdeling J1.
- Juleo Lintrom op Shakira eindig 3de in sy afdeling C1.
- Imoné van Zyl op Umbré stap weg met die 4de plek in afdeling C0.
- Martsophie Human op Jessica ding reeds mee op vlak 2, sy behaal ook ‘n 7de plek in poles in afdeling C2.
- Danielle Otto op Chester eindig in 14de plek in afdeling J3 maar word ook gekies as ruiter onder die top 80 in SA.
- Ruan du Plessis op Lanto eindig in die hoë vlak steeds 32ste in afdeling J3.
- Bernice Blaeser op Impi is 8ste in afdeling J3 en word ook gekies as een van die top 50 ruiters in SA.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



