SportSport

Kapteinsbeurt stuur Volkies se o.15A krieketspan na sege teen Nelspruit

Anro Nel slaan 50* terwyl Schalk Pienaar 5/18 met die bal neem.

Volkies se o.15 A-span behaal ‘n naelbyt 2 paaltjie oorwinning teen Nelspruit in die Finsbury A-liga nadat die Potchefstromers die loot wen en besluit om eerste te boul.

Dit was ‘n uitstekende keuse met NHS wat vir slegs 129 uitgeboul word. Schalk Pienaar vat 5/18 en Handré de Beer (3/21). Volkies sukkel ook met die kolf en danksy hul kaptein, Anro Nel se 50* behaal hulle die teiken op 130/8.

Volkies wen die loot en besluit om eerste te boul. Volkskool se eerste krieketspan vat ook vir Hoërskool Nelspruit aan in ‘n wegwedstryd in die Finsburyliga A-afdeling en verloor ‘n taai wedstryd met drie paaltjies. Albei spanne sukkel met die kolf met Volkies wat 170 almal uit aanteken en Nellies wat met drie paaltjies oor die totaal bereik.

Volkies is van die staanspoor af in die moeilikheid op 45/4 met Ludwich Schuld, Louis van Wyk, Attie Liebenberg en Diaan van der Merwe wat albei vroeg kleedkamer toe is. Berno de Klerk skitter vir Volkies met ‘n onoorwonne 74 (93).

Volkies se boulers probeer hulle bes om Nelspruit te stuit en met die telling op 144/7 was daar geleenthede om haas uit die hoed te trek. Nellies se Vaughn van Zyl met 16* hou kop en trek die Laevelders deur.

Nathan Duncan se 70 speel ook ‘n groot rol in NHS se wen. Vir Volkies is Van der Merwe (3/22) en Divan Coetzee (1/30) albei in 10 boulbeurte hulle beste boulers op die dag.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button