Gimmies speel tuis op die Gimmie-Oval teen Hoërskool Montana in Finsburyliga B-afdeling op Saterdag, 4 Februarie en buig die knie met vyf paaltjies.
‘n Teleurstellende kolfvertoning is hulle ondergang en hul kan slegs 103 almal uit aanteken. Ewald Kruger met 28 (36) is die hoogste lopiemaker. Montana se Damian Pringle neem 4/21.
Montana bereik die Gimmies se totaal na slegs 20 boulbeurte. Marnu Cronje neem 3/23, maar kan net soveel doen om die lae telling te probeer verdedig.
Gimmies se eerstes speel komende Saterdag, 11 Februarie teen Hoërskool Kempton Park in hulle volgende wedstryd en sal beslis ‘n beter vertoning met die kolf wil opsit.






