Gimmies het Saterdag, 4 Maart, hulle seisoen soos oudergewoonte in vriendskaplike wedstryde teen Trio van Kroonstad afgeskop.
Daar was gemengde resultate vir die Potchefstromers, in hulle eerste wedstryd van die jaar.
Volgens John-Ross Jackson, hoofafrigter van Gimmies se 1ste XV, was sy span nog bietjie geroes.
“Trio het ons met spoed geklop maar daar was darem baie goeie goed ook gewees,” het Jackson na die span se 38 – 20 nederlaag gesê.
Gimmies se volgende wedstryd is ‘n weg stryd, Woensdag, 8 Maart, teen Heidelberg Volkskool.
“Ons sal defnitief moet werk aan ons verdediging en ook die bal beter moet beskerm. Ons het die bal te maklik weg gegee,” het hy gesê oor die voorbereiding vir die volgende wedstryd.

Volgens Jackson, moet hulle ook meer geduldig in besit wees.
“Ons moet meer fases opsit,” het hy verduidelik.
Die volledige uitslae van die naweek is soos volg:
Eerstes: 38 – 20
Tweedes: 7-22
Derdes: 0-31
0/16A: 20-7
0/16B: 43-7
0/15A: 10-14
0/15B: 0-50
0/14A: 48-17
0/14B: 29-20
Vir meer plaaslike Rugbynuus besoek:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



