SportSport

“Nog een wedstryd wat werklik saak maak”

"Al die vorige wedstryde is in die verlede en daar is net een oor. Een wedstryd wat werklik saak maak," 

“Al die vorige wedstryde is in die verlede en daar is net een oor. Een wedstryd wat werklik saak maak,”

Dit is die woorde van die NWU se kaptein, Sampie Swiegers nadat hulle vir Maties gisteraand, 10 April, met 19-10 op die Fanie geklop het. Sodoende het die NWU vir die eerste keer sedert 2018 vir hulle ‘n plek in ‘n eindstryd bespreek.

Vlugvoetige heelagter, Tino Swanepoel het met twee pragdrieë, die oorwinning verseker.

Volgens Matt Proudfoot, afrigter van Maties, is hy baie trots op sy span.

“Hulle vaste fasette was uitstekend, ons het twee geleenthede op die doellyn gemis en dit was die wedstryd gewees. Dit was ‘n baie goeie kompeterende wedstryd gewees,” het Proudfoot gesê.

“Dit was ‘n wonderlike wedstryd. ‘n Semi finaal is seker die moeilikste wedstryd van ‘n toernooi. Die manne het rerig gewys dat ons in die finaal wil speel,” het Swiegers gesê.

Volgens hom het die Arende verlede jaar, toe hulle met voorbereiding begin, vir hulleself die doelwit gestel om in ide eindstryd van die kompetisie te speel.

“Ons het baie hard gewerk en opgeoffer om dit te bereik,” het Swiegers verduidelik.

Volgens Burger van der Westhuizen, hoofafrigter van die NWU,  is almal baie dankbaar vir die oorwinning.

“Dit was weer ‘n baie sterk poging op die verdediging, en ons het baie goed geskop,” het Van der Westhuizen gesê.

Nou is daar slegs een wedstryd in ide kompetisie oor. Maandagaand, 17 April draf die Potchefstromers teen Ikeys op die Fanie op. Dit is in alle aspekte ‘n herhaling van die wedstryd wat tussen die twee spanne in 2014 gespeel is. Soos in 2014 is die NWU ‘n baie sterk span, het slegs een wedstryd in die groepfase verloor en het bo aan die punteleer geëindig.

Hopelik sal geskiedenis nie herhaal word nie aangesien die Ikeys ‘n 18 punt agterstand in die laaste vyf minute uitgewis het om die NWU op die Fanie te klop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button