Dorp het Saterdag, 22 April, vir Ikageng met 64 – 0 vermorsel.
Diè Neser A liga wedstryd is na agt minute in die tweede helfte kort geknip. Dorp het klaar gespeel met Iakgeng nadat hulle die vorige week slegs met een punt teen Welkom Rovers verloor het.
Volgens Joe Smith, hoofafrigter van Potch Dorp, was dit oor die algemeen ‘n goeie wedstryd gewees.
“Ons het die geleentheid gehad om ‘n paar dinge reg te maak wat ons in die liga wil gebruik. Die ouens het hulleself weer bewys en saam met mekaar gespeel. Daar is nog ‘n paar dinge waaraan ons kan werk maar ons bou nou na die volgende wedstryd toe,” het Smith gesê.
Dorp se volgende wedstryd in die Neser liga is’n tuiswedstryd op 6 Mei teen Matlosana wat nog nie ‘n wedstryd verloor het nie.



