SportSport

Young Guns maak dit dubbel Varsitybeker glorie vir NWU

Die NWU se Young Guns het vir dubbele vreugde by die NWU gesorg toe hulle Maandagmiddag (24 April), vir Maties klop

Die NWU se Young Guns het vir dubbele vreugde by die NWU gesorg toe hulle Maandagmiddag (24 April), vir Maties met 27 – 26 geklop het.

Die NWU het vol vertroue Stellenbosch toe gereis, na ‘n goeie seisoen. Hulle het eerste in hulle groep geëindig.

Alhoewel die telling slegs een punt uitmekaar is, het die NWU vyf drieë teenoor die Maties se twee gedruk.

Volgens Hannes Esterhuizen, hoofafrigter van die NWU se Young Guns, was dit ‘n groot verdedigingspoging van die NWU af.

“Die o/19 spelers veral het mooi ‘mature’ in die span. As mens dink dat diè spelers ‘n paar maande terug nog op skool was, het hulle baie ver gekom. Dit is is altyd lekker as afrigter om te sien hoe groei spelers op en va ndie veld af,” het Esterhuizen gesê.

Volgens hom is die verdediging iets waaraan hulle heel seisoen gewerk het.

“Dit was net die kersie op die koek toe al ons harde werk in die eindstryd bymekaar gekom het. Alhoewel ons vyf drieë gedruk het, het ons gesukkel om pale toe te skop. Dit het ons bietjie gebyt so toe dit verby was, was ek so bietjie verlig en dankbaar gewees,” het hy gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button