SportSport

Gimmies tennisspelers toets nuwe NWU kleibane uit

Hierdie toernooi was ‘n uitstekende geleentheid vir top skole tennisspelers om op kleibane vir die eerste keer te kon speel.

Potchefstroom Gimnasium se tennisseuns en dogters het die afgelope naweek tydens die NWU Eagles-Skoletennistoernooi op drie oppervlaktes hulle staal bewys.

Die NWU is in die bevoorregte posisie om gras, klei en harde bane by die Fanie du Toit Sportgronde als in een tennis hub te kan voorsien. Hierdie toernooi was ‘n uitstekende geleentheid vir top skole tennisspelers om op hierdie oppervlaktes, veral klei en gras, vir die eerste keer te kon speel.

Die NWU het juis ook die afgelope naweek tesame met hierdie toernooi ook die kleibane amptelik geopen.

Gimmies se dogters tennisspan het hulle afdeling gewen. Ander hoërskole wat aan hierdie toernooi deelgeneem het was Hoërskool Menlopark, Hoërskool Craddock, Hoërskool Transvalia, Betlehem Voortrekker, Wilgerivier sowel as die Werner Joubert Tennisakademie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button