Hoër Volkskool Potchefstroom se netbaldogters het hulle Noordwesliga vanjaar op ‘n hoogtepunt begin toe meeste van hulle A-spanne vir Klerksdorp Hoërskool (KHS) geklop het.
Die aksie was wild-en-wakker op die baan met Volkies wat hulle tuisveldvoordeel benut het.


Die eerste span wen 34-29, die o.17A’s wen 19-14, die o.14’s wen 14-8, terwyl die o.16A wedstryd met 21-21 gelykop eindig.
KHS se o.15A span klop Volkies met 24-18 om vreugde vir die Klerksdorpers te verskaf.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



