SportSport

Volkies se o.14A en o.17A spanne is albei Noordwes naaswenners

Die o.14A-span klop Wesvalia met 19-14 in die half-eindstryd, maar val vas teen Rustenburg (RHS) met slegs een punt (13-14). 

Hoër Volkskool Potchefstroom se o.14A en o.17A netbalspanne het behoorlik hulle arendsvlerke gesprei toe hulle albei as NW-naaswenners by die NW Skolekampioenskappe op Saterdag, 3 Junie gekroon is.

Sodoende gaan albei hierdie spanne aan die SA Skolekampioenskappe later vanjaar (9-13 Augustus) deelneem.

Die o.14A-span klop Wesvalia met 19-14 in die half-eindstryd, maar val vas teen Rustenburg (RHS) met slegs een punt (13-14).

Die o.17’s klop hulle tradisionele teenstanders, Potchefstroom Gimnasium, met 13-9 in die half-eindstryd, maar kan ook nie die RHS-masjien in die finaal klop nie en verloor met 8-17.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button