SportSport

Wessies wen armdruk teen Merensky

Hoërskool Wesvalia van Klerksdorp het Saterdag, 3 Junie, die fisiese stryd teen Hoërskool Merensky met 18 - 8 op tuisbodem gewen. 

Hoërskool Wesvalia van Klerksdorp het Saterdag, 3 Junie, die fisiese stryd teen Hoërskool Merensky met 18 – 8 op tuisbodem gewen.

Dié SDC Noordvaal-bowl afdeling kragmeting was ‘n stryd wat, van die begin af, tussen die twee pakke voorspelers sou beslis word. Wessies het net daai bietjie ekstra in die tenk gehad om die manne van Tzaneen te verslaan.

Die Klerksdorpers se aanval was so meedoënloos soos Merensky se verdediging, maar uiteindelik kon die laevelders nie vir 70 minute by die tempo hou nie.

“Ons het geweet hulle gaan baie fisies wees, maar die manne het mooi teen die uitdaging opgestaan. Ons het goeie eerstefase balbesit gewen, wat vir ons ‘n uitstekende platform op die aanval gegee het,” het Willem van der Sandt, hoofafrigter van Wesvalia na afloop van die wedstryd gesê.

Wesvalia gaan se volgende toets sal Eldoraigne wees. Die Bruin bere sal baie tyd vir voorbereiding hê aangesien die wedstryd eers na die skoolvakansie gespeel sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button