SportSport

Noordwes se tweekampatlete triomfeer by SA’s

Pieter Henning, 'n bekende in die tweekamp-gemeenskap, het ‘n eerste plek in sy ouderdomsgroep in die standaard-kategorie behaal.

Noordwes se tweekampatlete het die afgelope naweek hulle staal bewys by die Suid Afrikaanse Tweekampkampioenskappe wat op Sondag, 2 Junie by die Midmardam plaasgevind het.

Pieter Henning, ‘n bekende in die tweekamp-gemeenskap, het ‘n eerste plek in sy ouderdomsgroep in die standaard-kategorie behaal.

Mariette Hitge het in die langafstand-kategorie goud gewen, asook die algehele eerste vrou.

Verskeie Potchefstromers het aan die spoed-kategorie deelgeneem. Die Gimmie, Rico Leijenaar, het eersteplek behaal in die o.19 ouderdomsgroep. Robyn Murphy het derde plek behaal in die 25-29 ouderdomsgroep. Johan Bezuidenhout het tweede plek behaal in die 20-24 ouderdomsgroep. Cor Leijenaar het tweede plek behaal in die 50-54 ouderdomsgroep. Hans Gouws het ‘n derde plek behaal in die 65-69 ouderdomsgroep, terwyl Isak Hitge (Ferdies) ‘n sewende plek in die o.17 ouderdomsgroep behaal het. Tihard Strydom (Gimmies) het ‘n negende plek in die o.17 ouderdomsgroep behaal.

‘n Hele paar Klerksdorpers het ook gewys wat in hulle steek.

Dylan Kruger, ‘n fantastiese twee- en driekamp atleet het eersteplek behaal in die 25-29 ouderdomsgroep en is ook as die algehele mans-wenner in die standaard-kategorie aangewys.

Izaane Demetrio het die eerste plek behaal in die 40-44 ouderdomsgroep. Dawie Janse Van Rensburg het ‘n vierde plek behaal in die 45-49 ouderdomsgroep. Pieter Burger het ‘n vyfde plek behaal in die 45-49 ouderdomsgroep.

Griseldes Steyn (Klerksdorp) ‘n het eersteplek behaal in die 55-59 ouderdomsgroep.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button