
Die Luiperds se o/18 Akademieweek span het gister, 3 Julie, talle kanse verspeel waarna hulle 31 – 25 die knie teen die Limpopo Bulle moes buig.
Dit was ‘n naelskraap wedstryd, waar die Luipies die meeste van die besit gehad het. Hulle het menigte keer in Limpopo se kwartgebied gaan kuier maar kon net nie die uitklophou slaan nie. Met bietjie meer geduld met bal in hand kon dit dalk ‘n ander uitslag gewees het.
Limpopo het op die Luiperds se foute geteer, om punte aan te teken. Die Noordwesters kon nie bekostig om duikslae te mis of bal in die losspel te verloor nie.
Alhoewel die Luiperds se vaste fasette, veral hulle skrums bestending was, het hulle nog twee kanse aan die einde van die wedstryd van die lynstaan af verspeel. Die laaste twee lynstane het eintlik die Luiperds se dag opgesom.
Hulle speel vandag,4 Julie, om 11:30 teen die Valke.



