SportSport

Luiperds vermorsel Griekwas by Cravenweek

DIe Luiperds het die Griekwas tydens hulle eerste wedstryd van, vanjaar se Cravenweek pap gespeel. 

DIe Luiperds het die Griekwas tydens hulle eerste wedstryd van, vanjaar se Cravenweek pap gespeel.

Dié wedstryd wat op n nat veld in George gespeel is, sal waarskynlik as een van die beste vertonings deur ‘n span in vanjaar se kompetisie gesien kan word. Die Noordwesters het die wedstryd 46 – 7 gewen, hulle het 7 drieë aangeteken.

Die Luiperds het van meet af, die meeste Rugby gespeel. Hulle het die bal goed geskuif en besonders goed van die voorvoet af geskop. Die Noord Kapenaars het geen antwoord op die Luiperds se aanvalle gehad nie, een van die redes is omdat die Luiperds nie net op een aspek van die spel staat gemaak het nie.

Hulle het goeie taktiese skoppe gemaak, hulle was nie bang om met die bal in die nat weer te speel nie, hulle voorspelers het sterk bal gedra, hulle werk by die afbreekpunte het verseker dat hulle balbesit behou en baie van die Griekwas se balle gesteel het.

Dit was voorwaar ‘n spanpoging van die Luiperds, in vertoning wat daar nie veel fout mee gevind kan word nie. Die Noordwesters het beslis ‘n stelling gemaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button