SportSport

Naamgenoot draaiers stuur Volkies na oorwinning teen Liggies

Volkies se twee uitstekende eerstespan draaibalbouers, Diaan van der Merwe en Dian Liebenberg het weer die paaltjies ingeoes die afgelope Saterdag

Volkies se twee uitstekende eerstespan draaibalbouers, Diaan van der Merwe en Dian Liebenberg het weer die paaltjies ingeoes die afgelope Saterdag (26 Augustus) in die eerste krieketspan se 197-lopie oorwinning teen Hoërskool Lichtenburg op die Witrand Oval.

Diaan (3/17) wat linkerarm draaiballe boul en Dian (3/20) wat regterarm wegbreekballe boul is ‘n gevaarlike kombinasie as hul in tandem kolwers laat kopkrap.

Liggies het geen antwoord gehad nie en is vir 71 almal uitgeknikker.

Vroeër het Volkies 268/7 aangeteken danksy hul kaptein, Ludwich Schuld wat vir die soveelste keer ‘n honderdtal vanjaar geslaan het.

Schuld het 114 van 123 balle aangeteken wat 11 viere en ‘n ses ingesluit het. Janco Moolman (35) en Attie Liebenberg (34) het die volgende hoogste tellings aangeteken.

Volkies se volgende wedstryd in die NW o.19A 50-beurt skoleliga is hierdie komende Saterdag (2 September) teen Gimmies op die Gimmie-Oval, wat as die belangrikste wedstryd van die liga beskou word.

Hierdie twee tradisionele teenstanders bring alyd hul beste vir hierdie kragmeting en vanjaar behoort sake weer baie taai te wees tussen hierdie twee top skole.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button