SportSport

Volkies en Gimmies deur na T20-halfeindstryde

Gimmies klop Wesvalia met 6 paaltjies op die Gimmie-Oval terwyl Volkies vir Hoërskool Brits met 41 lopies in ‘n wegwedstryd klop.

Beide Volkies en Gimmies dring deur na die half-eindstryde van die Noordwes Skole T20-kompetisie nadat hulle albei verlede week gemaklike oorwinnings behaal het.

Gimmies klop Wesvalia met 6 paaltjies op die Gimmie-Oval terwyl Volkies vir Hoërskool Brits met 41 lopies in ‘n wegwedstryd klop.

Volkies teken 135/8 aan in hul 20 beurte danksy ‘n warrelwind 37 (20) van Kobus Pienaar. Vir eens was Volkies se lopiemasjien, Ludwich Schuld, nie in die lopies nie en is vir 12 uitgeboul. Schuld het die afgelope naweek in ‘n 50-beurt wedstryd teen Lichtenburg wel weer ‘n honderdtal aangeteken.

Brits se Jano van Rooy met (3/19) was uitstekend vir sy span.

Volkies se boulers maak seker van die oorwinning en beperk Brits tot 94/7. Pienaar (3/10) in vier boulbeurte is ook uitstekend met die bal in sy hand.

Gimmies se eerste span was ook indrukkend teen Wesvalia om hul plek in die half-eindstryd te bespreek.

Foto’s: Wouter Pienaar

Gimmies se boulers is een te veel vir die Klerksdorpers wat net 80/9 in 20 beurte kan bereik.

Die blonde snelbouler, Margeo Joubert (3/19), en linkerarm draaiers, Marnu Cronje (2/24) en Phillip du Plessis (2/10) oes die paaltjies in.

Gimmies verloor gereeld paaltjies in die lopiejaagtog, maar is nooit in die moeilikheid nie met Tommie Botha (14 van 24 balle) en Caiden Seleka (19 van 16 balle) wat hul span na ‘n oorwinning neem.

Gimmies speel hierdie week hulle half-eindstryd teen Wolmaransstad terwyl Volkies teen Hoërskool Rustenburg op Donderdag, 31 Augustus by Volkies in die ander half-eindstryd te staan kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button