Gimmies se o.15A span vier 'n oortuigende 9 paaltjie sege teen Volkies. Foto: Verskaf.
Gimmies se o.15A krieketspan het een van hul beste vertoning vandag (Saterdag, 2 September) gelewer toe hulle hul tradisionele teenstanders met 9 paaltjies in die NW o.15A-liga geklop het.
Wat hierdie oorwinning nog meer spesiaal gemaak het, is dat Gimmies vir Volkies slae gegee het op hulle opponente se tuisveld.
Volkies is vir slegs 107 in 28.1 boulbeurte uitgeboul, terwyl Gimmies die wenteiken in 17.4 boulbeurte bereik.
Gimmies se Ulrich Botha het 39* (53 balle) aangeteken.
Volkies se Olefa Padi het sy span se enigste paaltjie geneem.
Jahndre Coetzee (links) is as die speler van die wedstryd aangewys.
Vir Gimmies was Jahndré Coetzee uitstekend met 4/17 sowel as 47 (34) met die kolf. Ulrich Botha (39* van 54 balle) het saam met Lukas Kotze (15 van 18 balle) sy soan na die oorwinning geneem.
Volkies het ‘n kolfineenstorting beleef en was vroeg in die moeilikheid op 15/3. Henré Cronjé (2/35) en Bennet Keet (2/18) het ook gesorg dat Volkies se middelorde ook nie op dreef kom nie.
Gimmies se o.15A span vier ‘n oortuigende 9 paaltjie sege teen Volkies. Foto: Verskaf.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.