
Hierdie komende Sondag (17 September) vind daar ‘n hoogtepunt op Potchefstroom Gimnasium se krieketkalender plaas wanneer Grey Kollege van Bloemfontein kom kuier.
Hierdie interskole wedstryde behoort ‘n baie goeie toets vir Gimmies se spanne te wees.

Gimmies het in 2021 vir Grey Kollege op tuisveld geklop en sal weer na so gesogte vertoning uitsien.
Bepalings is as volg (Alle wedstryde begin om 09:00)
- Eerstespanne (Gimmies-Oval)
- 15A’s (Witrand)
- Tweedespanne (Reinke Oval)
- Derdespanne (Mooivallei)
- Jongspan (Potch Central)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.