SportSport

Potchefstromers laat wiel op hul bergfietse

Daar was ‘n paar goue medaljes wat plaaslike bergfietsryers in Noordwes kleure behaal het.

Die Noordwes Skole Interprovinsiale Bergfietsbyeenkoms wat by die Matlosana Trail Park in Klerksdorp op Saterdag, 16 September plaasgevind het, was ‘n skouspel van top aksie tussen die beste bergfietsryers van verskeie provinsies.

Daar was ‘n paar goue medaljes wat plaaslike bergfietsryers in Noordwes kleure behaal het. Laerskool Baillie Park se Henri Jonker (sprogs 11-12) behaal ‘n eerste plek in 32:58. Jua Jonker vat ‘n eerste plek in die (nipper 9-10) kategorie in ‘n tyd van 18:31, net voor haar Baillie Park en Noordwes spanmaat, Grizelda Janse van Rensburg wat tweede in 19:00 eindig.

Reuben Jonker van Gimmies wys ook sy talent met ‘n eerste plek in die subjunior 13-14 kategorie in ‘n tyd van 40:21. Lian Louw (Gimmies) behaal ‘n tweede plek in 40:21, net voor, Elardus Erasmus wat derde is in 40:31.

Volkies se Janco Stemmet mis net uit op ‘n derde plek en kom vierde in die sub0junior afdeling. Volkies se Zanri Grobbelaar (junior vroue) behaal ‘n fantastiese eerste plek in 57:08.

Die Potchefstromer, Ernie Roets, sit sy goeie seisoen voort en wen die junior mans-kategorie in 48:24.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button