Laerskool Baillie Park se o.10A krieketspan is Noordweswenners. Dit nadat hulle Laerskool Generaal Hendrik Schoeman van Hartebeespoort Dinsdag, 24 Oktober met 8 paaltjies in die eindstryd op Laerskool Mooirivier se velde geklop het.
Baillies jaag GHS se totaal van 160/8 in suksesvolle wyse met Righardt Maree se onoorwonne 62* (83) en Meyer Bezuidenhout 38 (64) wat vir hulle ‘n oorwinning besorg. Maree met 3/30 was ook uitstekend met sy boulwerk. Onder die afrigting van Jacques Botha het die span top krieket gespeel en verdien om vanjaar die beker hoog te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



