SportSport

Volkie-kolwer behaal SA Skolespan vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar

Dit was dubbele vreugde vir Volkies se Ludwich Schuld, wat vir 'n tweede jaar in 'n ry in die SA Skolekrieketspan opgeneem is.

Ludwich Schuld het weer, danksy twee honderdtalle en ‘n vyftigtal, sy plek in die 2023 SA Skole-span na afloop van die o.19 Khaya Majola-krieketweek in Makhanda bevestig.

Hierdie Volkie-kolwer het ‘n fantastiese toernooi beleef met hoogste tellings van 117 en 117 nie uit nie, sowel as 50. In die laaste twee wedstryde van die toernooi kon Schuld wel nie verder verby 50 beweeg nie, maar steeds kan hy trots wees om sy skolekrieketloopbaan op hierdie hoogtepunt af te sluit. Hy is ook in 2022 in die SA Skolespan ingesluit.

Schuld is sodoende die enige Potch Volkie in geskiedenis om die SA Skolespan twee keer by die Khaya Majola Krieketweek te verteenwoordig. Hy is ook die enigste speler van Noordwes in die SA Skolespan. Mohammed Bulbulia van Fields College is ook vir sy puik vorm as kaptein van die SA Colts-span beloon.

Wat hierdie eer vir Schuld en Bulbulia nog groter maak is die feit dat die keurders tussen die room van SA se opkomende kriekettalent moes kies, hoofsaaklik op die vorm van spelers tydens die vyf dae van die week.

Klomp ban die SA o.19 spelers in die 2024 o.19 Wêreldbekerspan het nie die SA Skolespan of SA Colts-span behaal nie. Slegs Kwena Maphana, Richard Seletswane, Esosa Aihevba (Gauteng), Riley Norton (Boland) en Dewan Marais (Oostelikes) het die SA Skolespan behaal wat deel van SA se Wêreldbekergroep is. Sipho Potsane (Gauteng) is in die SA Colts-span opgeneem.

Schuld is ook in uitgelese geselskap rakende die feit dat hy in sy Khaya Majola-loopbaan wat oor twee jaar strek, drie honderdtalle kon moker.

Die ander drie spelers drie honderdtalle kon vermag was AB de Villiers, Pieter Malan en Andrea Agathangelou.

As ‘n span het Noordwes se o.19’s ‘n goeie Khaya Majola Krieketweek beleef. Oorwinnings teen Kei, Grens en Noord-Kaap het hul in ‘n posisie gestel om na die Platinum-afdeling te skuif, mits hulle die Oostelike Provinsie (OP) sou klop.

OP het wel gesorg dat hulle nie afskuif na die Goue-afdeling toe nie, met ‘n 31-lopie oorwinning.

OP is tot 232 almal uit beperk danksy goeie boulwerk van Lunga May 2/22, Thuto Matjoi (2/29) en Tumelo Makume (2/43).

Noordwes kon wel nie daarin slaag om die teiken te haal nie en is vir 201 uitgeboul. Ten spyte van Bulbulia se 45 en Volkies se Berno de Klerk se 54, was daar nie veel ander kolwers wat hulle kon ondersteun nie. Hamza Khan skitter vir OP met 3/34. Hy neem ook die belangrike paaltjie van Schuld vir 17.

Noordwes het ook vyf spelers wat in die Western Legends Cubsspan opgeneem is. Hulle is , Mohammed Bulbulia (Fields College), Thuto Matjoi (Matlosana), Olefa Padi (Afwesig met neem van foto) (Volkies) en Caiden Seleka (Gimmies) en Ludwich Schuld (Volkies).

Noordwes het ook vier spelers wat in die Western Legends Cubsspan opgeneem is. Hulle is Schuld (Volkies), Bulbulia (Fields College), Thuto Matjoi (Matlosana), Olefa Padi (Volkies) en Caiden Seleka (Gimmies).

Brady Barends (Noordwes) is as afrigter van die SA Colts-span aangewys.

Gauteng is as die algehele wenner van die 2023 Khaya Majola-week aangewys nadat hulle nie ‘n enkele wedstryd verloor het nie. Hulle het KZN met 78 lopies in die eindstryd getroef.

SA Skolespan:

Benjamin Hansen  (Kaptein – Wynberg Boys High), Hayden Bishop (Kearsney College), Esosa Aihevba (St Stithians College), Tristan Luus (Waterkloof), Kwena Maphaka (St Stithians College), Dewan Marais (Marais Viljoen), Riley Norton (Paul Roos Gym), Parth Patel (St Benedicts College), Ludwich Schuld (Potch Volkskool), Richard Seletswane (St Stithians College), Ntando Soni (Glenwood), Jorich van Schalkwyk (Affies)

SA Colts-span:

Mohammed Bulbulia – kaptein (Fields College), Ross Boast (Hilton College), Raeeq Daniels (Rondebosch), Riyaad Davids (SACS), Luke Francis (St Johns College), Enathi Kitshini (Thembalethu), Simon Liversage (Diamantveld), Ivan Lockem (Hilton College), Sabelo Mabanga (Ephes Mamkela), Hernus Marais (Waterkloof), Thabiso Ndlela (St Charles College), Sipho Potsane (Jeppe)

  • Speler van die Week: Benjamin Hansen (Westelike Provinsie)
  • Kolwer van die Week: Dewan Marais (Oostelikes)
  • Bouler van die Week: Esosa Aihevba (Gauteng)
  • Veldwerker van die Week: Dewan Marais (Oostelikes)
  • Veelsydige Speler van die Week: Simon Liversage (Noordkaap)

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button