Sport
Wessies marsjeer voort na halfeindstryd
Die Klerksdorpers is nou deur na die halfeindstryd waar hulle teen Pietersburg gaan kragte meet.

Die Bruinbere van Klerksdorp het hulle kwartfinaal teen Jeugland met 37 – 15 gewen.
Die Klerksdorpers is nou deur na die halfeindstryd waar hulle teen Pietersburg gaan kragte meet. In die ander halfeindstryd sal Noordheuwel en Marais Viljoen dinge uitspook. Maak die Klerksdorpers dit oor die Pietersburg hekkie sal hulle vir posisie 1 en 2 uitspeel.
Wesvalia was die hele wedstryd in beheer van sake gewees, maar volgens Willem van der Sandt, direkteur van rugby, was die Klerksdorpers tegnies baie beter as hulle Oos-Randse opponente maar nie klinies genoeg nie.
“Hulle speel met baie hart,” het Van der Sandt gesĂȘ.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.