Sport
Die Anker sink Klerksdorp
KHS se junior spanne het dusver 'n beter toernooi as die seniorspanne gehad.

Die Anker het 31 – 19 teen Klerksdorp Hoërskool in kwartfinaal van die NWU reeks geseëvier.
Volgens Piet von Wielligh, hoof van rugby en afrigting, was die Klerksdorpers op ‘n stadium nog 19 – 17 voor gewees.
Dit is ‘n moeilike toernooi tot dusver vir KHS met hulle eerstespan wat komende naweek vir 13-16 gaan uitspeel. Hulle kom teen Oosterlig te staan, waar hulle waarskynlik ‘n goeie wen kan optel.
KHS se junior spanne het ‘n beter toernooi beleef, die o.14A span het in die doodsnikke hulle wedstryd verloor, terwyl die o.14B span ‘n goeie oorwinning gekry het om teen komende naweek vir 1-4 uit te speel. Die o.15A span het 52-0 teen GImmies geseëvier.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.