Sport

Luiperds staatmaker ‘hang sy tokse op’

Die Luiperds sal altyd diep spore in my hart laat. Ek gaan hulle verseker nog by die 'hoenderhok' kom ondersteun. Dit is eintlik iets onbeskryflik.

Die Luiperds se staatmaker kaptein en losvoorspeler, HP Swart, het na 111 wedstryde in die groen en rooi, Saterdag, 18 Mei sy ‘tokse’ opgehang.
Swart het na die wedstryd gesê dat dit baie lekker was om in sy laaste wedstryd ‘n wen te kry.
“Dit was ‘n baie goeie ‘send off’. Dit sal seker meer werklik voel in die week aangesien ek nie meer gaan oefen nie,” het hy gesê. Swart het 13 jaar vir die Luiperds gespeel, maar met die aankoms van sy dogter het hy besluit om op te hou speel.

HP Swart vier sy 100ste wedstryd vir di Luiperds saam met sy vrou.

“Dit was ‘n besondere tyd saam met die Luiperds. Soos hulle sê: ‘Time flies when you are having fun’. Dit is beslis so,” het Swart gesê. Volgens hom is hy baie dank aan die unie verskuldig wat jaar na jaar in hom geglo het sodat hy sy beste vir die groen en rooi kon gee. “Ek gaan so stelsmatig begin afrig by ‘n hoërskool in Rustenburg, en dan met my dogtertjie se geboorte is daar baie nuwe uitfagings waarna ek uitsien.
Die Luiperds sal altyd diep spore in my hart laat. Ek gaan hulle verseker nog by die ‘hoenderhok’ kom ondersteun. Dit is eintlik iets onbeskryflik. Die Luiperds is ons trotse unie wat oor die honderd jaar oud is. Ek is trots dat ek vir 13 jaar daarvan kon deel wees,” het hy gesê.

 

Huidige Luiperds breier, Matt Proudfoot, groet die Luiperds staatmaker

Volgens hom is dit byna onbeskryflik om vir so lank te kon deel wees van die Luiperds.
“Oor ‘n paar jaar gaan ek dalk beter woorde hê,” lag hy.
“Hy is een van die mees lojale mense wat ek ken. HP begin ‘n nuwe uitdaging en ons wens hom sterkte toe. Ons kan net dankie sê vir sy getroue diens. Ons verloor ‘n goeie speler, leier en staatmaker,” het Eugene Fourie, hoof uitvoerende beampte van die Luiperds oor HP gesê.

Related Articles

Back to top button