SportSport

NWU skop Varsitybeker veldtog in Kaapstad af

Die wedstryd skop vandag, 17 Februarie om 16:45 af, dit kan regstreeks op Supersport gekyk word

Die NWU gaan vanaand hulle Varsitybeker veldtog teen UCT op die Green Mile afskop.

UCT het ‘n gedugte span wat deur die voormalige Springbok, Robbie Fleck aangevoer word. UCT het in die laaste twee jaar in twee eindstryde gespeel, onder andere teen die NWU in 2023 waar die Potchefstromers met twee punte as kampioene uit die stryd getree het. Hulle het dit in 2024 opgevolg met ‘n eindstryd teen Shimlas wat die manne van Bloemfontein in ekstra tyd gewen het.

Volgens Burger van der Westhuizen, hoofafrigter van die NWU, is daar maar senuwees wat knaag voor die eerste wedstryd van di nuwe seisoen, maar volgens van der Westhuizen het die voorseisoen baie goed gegaan.

“Ons gaan orals moet goed wees, UCT is ‘n baie goeie span,” het hy gesê.

Robbie Fleck, hoofafrigter van Ikeys weet dat die NWU se groot pak voorspelers met hulle goeie vaste fasette en blitsige agter spelers ‘n bedreiging is, maar volgens hom is die fokus meer op hoe hulle self gaan speel.

“Ons moet vreesloos wees in die manier wat ons wil speel. Ons wil op ‘n sekere manier speel en op ‘n sekere manier optree en dit moet deurkom op die veld. As ons dinge op ons manier doen, sal dit ons ‘n goeie kans in die kompetisie gee,” he Fleck gesê.

Die wedstryd skop vandag, 17 Februarie om 16:45 af, dit kan regstreeks op Supersport gekyk word

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button