SportSport

Arende verloor in doodsnikke

Die Fanie du Toit was doodstil toe Stehan Heymans korrel vir die laaste skop van die wedstryd.

Die NWU Arende het in hulle tweede rondte kragmeting, in die doodsnikke van die wedstryd teen die Maties verloor.

Die Fanie du Toit was doodstil toe Stehan Heymans korrel vir die laaste skop van die wedstryd. Heymans het die hele wedstryd lank goed geskop, en nie een gemis nie. Helaas die groot een is nie deur die mikke nie, en Maties wen die wedstryd met twee punte.

Die Potchefstromers het aanhou veg tot die einde, een aangee wat NWU se kant toe gaan en dit was ‘n heeltemal ander einde na die wedstryd.

Naiden Jaarts, Isrome Phatudi en Guhan du Bois het skitter drieë vir die NWU gaan druk met Heymans wat die telbord met sy skopvoet aan die gang met gehou het. Die Maties het self nooit tou opgegooi nie en met vier drieë van hulle eie terug geslaan. Die Maties se verdediging was eintlik die groot verskil op die aand. Alhoewel die NWu drie keer onder pale gaan kuier het, het die troepe van Stellenbosch, aaanhoudende druk op die Potchefstromers se aanval geplaas.

Die volgehoue druk het op kritieke tye vir die Kapenaars uitgewerk. Hulle het ‘n paar aanslagte van die tuisspan gekeer. Dié verdedigingsdruk het waarskynlik die besluitnemers genoop om met die laaste strafskop van die wedstryd liewer pale toe te gaan.

Dit is die tweede nederlaag in die kompetisie vir die Arende, tog sal die breintrust van die Arende nie te bekommerd wees nie. Daar is nog baie rugby om in die kompetisie te speel en die NWU sal heelwat positiewe uit die kragmeting vat.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button