
Potch Dorp het die afgelope naweek hulle Phillip van Rensburg uitdaagbeker (PVR) veldtog op ‘n besonderse wyse afgeskop.
Die Leeus van Potchefstroom het die Stilfonteiners, met 92 – 0 kaf gedraf. Dit is ‘n baie goeie begin, in wat ‘n kompeterende kompetisie is. Dorp moet hulle volgende wedstryd teen Wolves wen om beker glorie aan die lewe te hou. Dit sal beslis nie maklik wees nie, nadat Wolves vir Sibanya in die eerste rondte met 24 – 5 geklop het.
Volgens Henry Stewart, hoofafrigter van Potch Dorp, is dit ‘n goeie wen wat voortbou op die span se voorseisoen voorbereiding.
“Ons kon nie regtig te veel uit die wedstryd leer nie. Ons wou spesifiek aandag gee aan sekere opsies op verdediging maar aangesien ons meeste balbesit gehad het was dit nie moontlik nie. Die positiewe uit die wedstryd is dat die spelers gehou het by die struktuur want die wedstryd kon baie vinnig verbrokkel het en dan wil elkeen op sy eie iets probeer. Die volgende wedstryd teen die Wolves gaan beslis ‘n ander uitdaging wees maar die spelers sien uit daarna,” het Stewart gesê.
Die ander PVR wedstryde se uitslae is soos volg:
Impala (39) vs Matlosana (10)
Klerksdorp (13) vs Rhinos (40)
In die Mervyn Taylor skild is die uitslae soos volg:
NWU Mafikeng (10) vs Klerksdorp 2 (46)
Ikageng (0) vs Zeerust (66)
Leeudoringstad (39) vs Potch Dorp 2 (17)
Lichtenburg (21) vs Vryburg (26)



