SportSport

Volkies hou promosiedroom aan die lewe

Volkies het hul promosiekanse ’n stewige hupstoot gegee met ’n goeie naweek teen Ermelo. Die Potchefstromers is nou voor in die promosie wedloop.

Volkies het hulle promosie droom ‘n groot hupstoot gegee met die afgelope naweek se uitslae teen Ermelo wat in Potch kom kuier het.

Die Potchefstromers se 1ste XV het hulle wedstryd 54-21 gewen. Die skeidsregters is besig gehou tydens die wedstryd met twee rooi kaarte. Volkies het vroeg uit die blokke gekom om vinnig punte aan te teken. ‘n Paar foute op kritieke tye in die eerste helfte het Ermelo die geleentheid gegee om terug in die wedstryd te kom. Met halftyd was die Potchefstromers 26-21 voor gewees.

In die tweede helfte het die Volkies behoorlik die krane oop gedraai om nog 28 punte aan te teken. Hulle het ook gekeer dat Ermelo enige punte in die tweede helfte aan teken.

Volgens Mighael de Beer, hoofafrigter van Volkies se 1ste XV, het die Potchefstromers goed kop gehou, om ‘n goeie oorwinning te beklink.

“Ons het goed beheer gehou in die tweede helfte om aan te hou rugby speel,” het de Beer verduidelik.

Al die ander spanne, behalwe die o14A en B spaane het ook oorwinnings op die dag beklink, wat die Potchefstromers na nommer een in die promosie wedloop ingedruk het. Met slegs 1 wedstryd oor voor die uitkloprondtes het Volkies vir hulle self ‘n goeie platform gegee. Eldoraigne, Merensky, Randburg en Dinamika is nog almal in die wedloop om promosie te kry.

Volkies se volgende uitdaging is om komende naweek vir Dinamika, wat ook vir promosie veg in Alberton te gaan aandurf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button