Gimmies se top atlete het hul staal gewys tydens die Affies Atletiekbyeenkoms wat op 30 Januarie in Pretoria plaasgevind het. Gimmies het ’n indrukwekkende 32 medaljes en talle rekords opgelewer. Verskeie atlete het meer as 800 en selfs 900 punte in items behaal. Hierdie vertonings is uitstekende voorbereiding vir die komende NW Grootskole Interhoër wat op Vrydag, 20 Februarie in Potchefstroom gaan plaasvind
Atlete met prestasies bo 800 en 900 punte
Onder die uitblinkers was Lezanke Pienaar, wat 940 punte in die 100m en 931 punte in die 200m behaal het. Sy is ook as die beste baanatleet aangewys.

Lizé van Zyl het ook sterk vertonings gelewer in die 100m met 890 punte.
In die velditems het Stephané Hook (gewigstoot – 882; spiesgooi – 926) en Imké Bornman (gewigstoot – 864; diskus – 927) Gimmies se naam hoggehou.
Gimmies het 12 goue medaljes verower, waarvan verskeie met nuwe rekords gepaard gaan.
Goud:
- Cody McCarthy – 400 m (rekord)
- Lezanke Pienaar – 100 m en 200 m (rekords in albei)
- Hayley Lues – 90 m hekkies en 300 m hekkies (rekord in 300 mH)
- Stephané Hook – spiesgooi (rekord)
- Imké Bornman – gewigstoot en diskus (diskus-rekord)
- Nicola du Plooy – verspring (rekord)
- o.16 dogters 4 x 100 m aflos – rekord
Silwer:
- Cody McCarthy – 100 m en 200 m (albei rekords verbeter)
- Dianie du Preez – 400 m (rekord)
- Alrike Hattingh – 300 m hekkies (rekord)
- Tinique Vermaak – hoogspring (rekord)
- Melinne Naude – Verspring
- Rossouw Nel – Driesprong
- Damian Zwahlen – Spiesgooi
- Doneli Steynberg en Vinaldo Spamers – diskus (albei rekords)
Brons:
- Dianie du Preez – 200 m
- Hayley Lues – 400 m
- Keilla Chatambudza – 400 m hekkies
- Joshua van Vreden – Hoogspring
- Conrad Nell – Verspring
- Benyamin Kriek – Verspring
- Logan Botes – gewigstoot (rekords in gewigstoot en diskus)
- Stephané Hook – gewigstoot (rekord)
- Wihan Strydom – spiesgooi (rekord)



