SportSport

NWU begin Varsitybeker-veldtog teen CUT se Ixias in Bloem

Die Varsitybekerspan gaan vanmiddag by die Amfiteater op kampus wees waar hul 2026 veldtog amptelik bekendgestel sal word.

Die NWU Eagles is slaggereed om hul seisoen hierdie komende Maandag teen die CUT Ixias in Bloemfontein af te skop.

Die NWU se voorseisoenvoorbereiding was deursigtig en konsekwent met voorbereidingswedstryde teen Shimlas einde Januarie wat goed verloop het om kombinasies te toets en die span gereed te kry vir ‘n kompeterende seisoen wat voorlê.

Die NWU is vasbeslote om vanjaar op 2025 se uitslae te verbeter, toe hul nie ‘n plek in die top vier kon behaal nie.

Luan van der Walt op die aanval.
Sanele Zungu.

Die kanse is groot dat die Eagles weer een van die aanspraakmakers kan wees met ‘n talentvolle span vol nuwelinge en gesoute spelers, soos die vlugtige heelagter, Luan van der Walt, Matthew Fortuin op senter en kaptein en slot Stephan Krugel.

Volgens NWU se afrigter, Burger van der Westhuizen, is sy span slaggereed vir hul kragmeting met CUT.

“Ons sien baie uit na die wedstryd. Dit gaan ‘n geweldige moeilike wedstryd wees by hulle. Ons glo ons prosesse is in plek. Uit die aard van die saak moet ons, ons beste rugby speel,” het hy genoem.

Die wedstryd skop om 19:00 af.

Die NWU gaan ook vanmiddag (Donderdag, 12 Februarie) om 12:00 ‘n amptelike kampusbekendstelling vir die Varsitybeker op die Amfiteater aanbied wat altyd vir groot opgewondenheid onder studente en rugbyonderteuners sorg.

NWU-bepalings: (Tuiswedstryde in drukskrif)

Ronde 1 – 16 Februarie: FNB CUT Ixias (Weg) 19:00 CUT Rugbystadion
Ronde 2 – 23 Februarie: FNB Emeris (Tuis) 16:45 Fanie du Toit Sportgronde
Ronde 3 – 2 Maart: FNB UJ (Weg) 16:45 UJ-stadion
Ronde 4 – 9 Maart: FNB UFS Shimlas (Weg) 19:00 Shimla Park
Ronde 5 – 16 Maart: FNB UP-Tuks (Tuis) 19:00 Fanie du Toit Sportgronde
Ronde 6 – 23 Maart: FNB Maties (Weg) 19:00 Danie Craven-stadion
Ronde 7 – 30 Maart: FNB UCT Ikeys (Tuis) 16:45 Fanie du Toit Sportgronde

 NWU se 2026 Varsitybekergroep:

Zihan Bensch, Alethwa Buthelezi, Jamiane Dampies, Angelo Daniels, Aiden de Villiers, Bernardo Diedericks, Njabulo Dladla, Luyolo Doyi, Guhan du Bois, Schalk du Plessis, Jaco du Toit, Matthew Fortuin, Ricardo Fourie, Logan Janeke, Stephan Krugel (kaptein), Johan Leonard, Jordan McLoughlin, Rouwan Mitchell, MJ Mostert, Jason Oosthuizen, Gary Otto, Leejay Petersen, Lood Prins, Therlow Prins, Sean Roulston, Zack Serfontein, Bradley Stanfliet, Lachance Tchokonte-nana, Tshepo Tlaka, Rianiel Turner, Luan van der Walt, Schalk van Schalkwyk, Ruan Calwyn van Willing, Tian van Zyl, Hanro Venter, Jacques Vos, Sanele Zungu.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button