SportSport

Veritas maak skoonskip teen Villagers in Eerstejaars Koshuisfinaal

Veritas was net te goed op die aand en het met 37-0 gewen om die titel te verower.

Veritas Manskoshuis se eerstejaars dra die rugbykroon nadat hulle Villagers Manskoshuis met 37-0 in die Eerstejaars Koshuisrugbyfinaal getroef het.

Hierdie wedstryd wat op Vrydagaand (27 Februarie) op Olënpark plaasgevind het, was eenrigtingverkeer vir die manne in rooi en swart.

Foto’s: Tian du Preez

 

Bismark Jansen het twee drieë vir Veritas gedruk met PC Schutte en Tiaan Koen wat ook oor die doellyn vir Veritas duik. Koen is ook as die speler van die wedstryd aangewys.

Veritas se Schalk Botha het ook drie strafskoppe en vier doelskoppe oor die pale geklits.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button