Die Luiperds het vanmiddag (Saterdag, 7 Maart) ‘n harde rugbyles in Kimberley geleer toe hul met 101-7 teen Griekwas verloor het.
Die Griekwas, as verdedigende Curriebekerkampioene, was in ‘n ander klas en het geen genade vir die Luiperds gewys nie.

Die Griekwas het 15 drieë gedruk met die Luiperds wat een vroeg in die eerste helfte gedruk het. Die telling was toe 7-7, maar na dit het die Griekwas die krane oopgedraai.
Teen halftyd was dit 42-7. In die volgende 40 minute het dit net moeiliker gegaan vir die manne van Potch.
Vir die Griekwas het Cameron Hufkie, Sako Makata, Connor Mahoney en Zane Bester gereeld agter die doellyn gekuier.
Die Luiperds se volgende wedstryd is tuis op Olënpark teen die Cheetahs op Vrydag, 13 Maart om 18:30.



