SportSport

NWU en Shimlas gaan slaags raak hierdie Maandag

Die NWU sal weer op die wenpad wil kom na hul verlede week teen UJ vasgeval het.

‘n Tradisionele intervarsity-kragmeting gaan hierdie Maandag, 9 Maart, in Bloemfontein afspeel wanneer die NWU Eagles teen Shimlas te staan kom.

Vir jare lewer die NWU en Shimlas opwindende wedstryde teen mekaar en hierdie tradisie duur voort in die Varsitybeker.

Verlede jaar het die NWU gemaklik met Shimlas klaargespeel met ‘n 59-14 oorwinning in Potchefstroom. In 2024 het die Shimlas met 35-26 teen die NWU Eagles in Bloemfontein gewen. Sake is sodoende relatief kop-aan-kop as ‘n mens na die vorige kragmetings kyk.

Shimlas se flanke, Erich Visser, kaptein Henri van Heerden en agtsteman, Liam Shamburg, vorm deel van ‘n gedugte lostrio. Die resultaat sal beslis voorlangs bepaal word. Die NWU se flanke, Ricardo Fourie en Tian van Zyl, en slotte, Stephan Krugel en Raniel Turner, sal op hul beste moet wees.

In die agterlyn sal die NWU se linkervleuel, Therlow Prins, ook by sy ses drieë in vanjaar se kompetisie wil byvoeg. Luan van der Walt, wat in die nederlaag teen UJ gedruk het, sal ook op heelagter een van die NWU se wapens wees.

Vir Shimlas sal Wynand Botha op senter ‘n speler wees om dop te hou.

Die wedstryd skop om 19:00 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button