SportSport

NWU Eagles weer dorings in Shimlas se vlees

Die NWU is weer op die wenpad na 'n sege in die Rosestad.

Die NWU Eagles het gisteraand (9 Maart) bewys dat hul baie wapens in hul arsenaal het toe ‘n relatiewe nuwe beginspan vir Shimlas met 43-31 geklop het.

Schalk van Schalkwyk het op flank as kaptein diens gedoen in die plek van die beseerde, Stephan Krugel, met Ricardo Fourie en Guhan du Bois saam hom in die lostrio. Tian van Zyl is ook na slot geskuif.

Hierdie nuwe kombinasies tesame met ‘n nuwe skrumskakel en losskakel-paar, Zack Serfontein en Ruan van Willing, het wondere verrig en bewys dat daar baie diepte in hierdie groep is.

Foto’s: Hannes Naudé/Asem Engage

Serfontein het ‘n baie goeie wedstryd gehad en twee drieë vir sy span ingepalm. Die vuurvreterflank, Ricardo Fourie, was ook weer eens ‘n uitblinker vir die Eagles en het oor die doellyn gaan kuier vir sy vierde drie in twee wedstryde.

Die NWU het die blinkste teen die Shimlas begin met die haker, Jordan McLoughlin, wat van ‘n rolmaalbeweging oorduik. Die Shimlas se Erich Visser het die telling gelyk met 7-7 gemaak toe hy na konstante druk sy span se eerste drie behaal het.

Daarna was die NWU in beheer om ‘n 19-7 voorsprong teen halftyd te hê, danksy drieë van Jason Oosthuizen en Matthew Fortuin.

Die tweede helfte het die NWU hulle greep op die wedstryd versterk met Serfontein se twee drieë. Hanro Venter duik ook oor vir die NWU.

Shimlas se Kirwin du Preez (2) en Visser het ‘n paar drieë vir die tuisspan aan die einde gedruk, maar dit was slegs versiering vir die telbord.

Shimlas: (7) 31
Drieë: Erich Visser (2), Kirwin du Preez (2), HJ de Beer.

NWU Eagles: (19) 45
Drieë: Zack Serfontein (2), Jordan McLoughlin, Jason Oosthuizen, Matthew Fortuin, Hanro Venter, Ricardo Fourie.

Kry kaartjies vir die NWU se volgende tuiswedstryd teen Tukkies komende Maandag

Kaartjies vir die NWU Eagles se opkomende wedstryd teen Tukkies op Maandag, 16 Maart kan aanlyn by hierdie skakel gekoop word. Kaartjieverkope maak vanmiddag, 10 Maart om 13:00 oop.

Ondersteuners moet vinnig spring. Die vorige tuiswedstryd se kaartjies is in slegs 24 sekondes uitverkoop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button