SportSport

Laerskole wys talent by Emmiefees

Laerskool M.L. Fick het vir top rugby en netbalaksie teen vyf ander deelnemende skole gesorg.

Ses laerskole het tydens Laerskool M.L. Fick se Uniprop-Emmiefees op Saterdag 7 Maart mekaar die stryd aangesê op die netbalbane en rugbyvelde van Potch Volkies se sportterrein. Die Emmiesfees bied ‘n samekoms vir Laerskool M.L. Fick, Laerskool Lichtenburg, Laerskool Baillie Park, Laerskool Emfulenipark, Laerskool Vryheidsmonument en Laerskool Goudkop om vriendskaplike wedstryde te speel voordat die seisoen in volle swang afskop.

Foto’s: Laerskool M.L. Fick/Facebook

Volgens die M.L. Fick was hierdie fees vanjaar vir die tweede keer baie suksesvol aangebied. Behalwe vir goeie rugby en netbal, was daar ook verskeie stalletjies en heerlike verversings wat die dag ekstra woema gegee het.

Meneer Heyns Deacon, skoolhoof van Laerskool M.L. Fick noem dat die fees aangebied word in die plek van die aandreeks en hy is opgewonde om te sien hoe dié fees ‘n jaarlikse instelling in Potch gaan word en hoe dit elke jaar gaan groei.

Laerskool M.L. Fick spreek hul opregte dank uit teenoor Uniprop, Volkies, die besoekende skole, ouers, personeel en die organiseerders van die fees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button