SportSport

Luiperds bring nuwe gesigte in vir Griffons-kragmeting

Die Luiperds het 'n nuwe skakelpaar gekies vir hul wedstryd teen die Griffons vanmiddag in Welkom.

Die Luiperds het vier veranderinge in die beginspan gemaak vir hul SA Bekerstryd teen die Griffons vandag (Saterdag, 21 Maart) in Welkom.

Vir die wedstryd teen die Griffons het die Luiperds vir Divan Pieters op flank ingebring met Armin Posthumus wat na agtsteman toe skuif in die plek van Adri Kermis. Kermis mis die wedstryd weens ‘n rooi kaart teen die Cheetahs.

Die Luiperds het ook ‘n nuwe skakelpaar met Hlumelo Ndudula op skrumskakel en Jandré Burger op losskakel. Zac Bester begin op linkervleuel in die plek van Naiden Jaarts.

Die Griffons is bekend as een van die taaiste spanne op hul tuisveld en sal beslis weer ‘n wen in die sak wil steek, veral nadat hul teen die Boland Kavaliers verlede naweek met 56-23 in Wellington verloor het.

Die Luiperds het op 13 Maart ook teen die Cheetahs met 64-7 vasgeval op Olënpark.

Volgens Luiperds hoofafrigter Riaan van Straten kan sy span na twee moeilike wedstryde teen die Griekwas en Cheetahs hul aandag skuif na die Griffons met die wete dat hulle uit hul foute kan leer.

“Dit is eerstens vir ons lekker om te kon sien hoe ons ondersteuners Vrydag saam ons spelers foto’s neem en kom ondersteun het. Dit beteken baie vir ons. Ons weet dat ons op ons sterkpunte moet fokus teen die Griffons, sodat ons effektief tydens die belangrike oomblikke kan wees.”

Die wedstryd tussen die Luiperds en Griffons skop om 15:00 in Welkom af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button