SportSport

Luiperds veg hard teen Griffons

Die Luiperds se komende wedstryd is hierdie Saterdag, 28 Maart teen die Grens Bulhonde op Olën Park.

Die Luiperds het vir die eerste keer in vanjaar se SA Beker hul tande gewys in hul nederlaag van 29-23 teen die Griffons die afgelope Saterdag, 21 Maart.

In die vorige twee wedstryde teen die Griekwas en Cheetahs was die Luiperds nie naby ‘n oorwinning nie, maar teen die Griffons was daar ‘n goeie kans vir die Luiperds om die wen in Welkom te behaal.

As ‘n mens dit vergelyk met verlede jaar se uitslag teen die Griffons in die SA Beker waar die Luiperds met 79-10 verloor het, is dit ‘n groot verbetering.

Volgens die Luiperds se hoofafrigter, Riaan van Straten, was sy span stukke beter en kan nou momentum bou.

 “Ons kon amper op die einde ‘n drie druk om die wedstryd te wen, maar ongelukkig het ons die bal verloor. Dit is maar ervaring, omdat die ouens nog nie in so situasie as ‘n span was nie. Ek is nie tevrede met die verloor nie, maar wel tevrede met die momentum wat ons bou.”

Zac Bester (twee drieë) en Noegh Hayward het vir die Luiperds gaan druk in ‘n goeie tweede helfte vertoning, nadat hul met 19-6 teen rustyd agter was.

“Divan Pieters het op ses-flank ‘n baie goeie wedstryd gehad. Jandre Burger het op losskakel die wedstryd baie goed beheer. Bryan Breda (binnesenter) het ‘n baie stabiele wedstryd gehad. Hy was sterk op aanval en verdediging,” noem Van Straten.

Die Luiperds se komende wedstryd is hierdie Saterdag, 28 Maart teen die Grens Bulhonde op Olën Park. Die wedstryd skop om 15:00 af. Dit sal ‘n gulde geleentheid vir die Luiperds wees om die nuutgevonde momentum in hul eerste wen van die kompetisie te omskep.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button