SportSport

Volkies se krieketdroom word waar met nuwe binnenshuise krieketsentrum

“Om kompeterend te kan bly, moet ons fasiliteite van die beste wees sodat ons die beste moontlike kans het teen ander topskole.”

Volkskool Potchefstroom het onlangs die eerste bal in hul splinternuwe binnenshuise krieketsentrum geboul. Hierdie binnenshuise krieketsentrum plaas Volkies onder die topskole in die land en is deel van ’n langtermyndroom om krieket verdere vlerke by die skool te gee.

Volgens Volkies se krieketdirekteur, Wynand Schmitt, is die skool baie trots op hierdie langtermynprojek.

“Dit is ’n baie groot fasiliteit. Die nette is klaar en daar gaan kleedkamers wees, asook ’n onthaalarea vir ouers. Dit is ’n game changer vir ons skool en ons krieket. Die kinders wil in die beste fasiliteite oefen. As dit reën, kan hulle ook binne oefen, so ons is nie meer beperk nie,” noem hy.

Volgens Schmitt wil Volkies met die beste skole in die land kompeteer, en met hierdie fasiliteit kan hulle aanhou om topspelers op te lewer.

“Om kompeterend te kan bly, moet ons fasiliteite van die beste wees sodat ons die beste moontlike kans het teen ander topskole.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button