SportSport

Gimmie agtsteman skitter by Oakdale-toernooi

De Wet Grobler is as die beste voorspeler van die toernooi aangewys.

Die kranige agtsteman van Potchefstroom Gimnasium, De Wet Grobler, is by die O19 Oakdale Rugbyweek as die beste voorspeler van die toernooi aangewys. Hy is ook in die XV-tal van die toernooi ingesluit wat sy harde werk en talent beklemtoon.

Spelers van skole soos Daniel Pienaar, Swartland, Duineveld en Charlie Hofmeyr is in hierdie XV-tal ingesluit.

De Wet Grobler het ‘n uitstekende toernooi vir Gimmies beleef. Foto: Verskaf

Hierdie is een van die rugbyweke in die skoolvakansie waaraan Gimmies deelgeneem het. Ander ouderdomsgroepe neem aan die Francois Swart-rugbyweek by Affies deel (O15), terwyl die O16A-span aan die Skonk Nicholson Rugbyfees by Maritzburg-kollege deelgeneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button