Volkies se eerste rugbyspan het van hul beste rugby hierdie seisoen gespeel toe hul Hoerskool Lichtenburg met 50-27 in die NWU Prestigereeks die afgelope Saterdag getroef het.
Teen halftyd was die telling 29-3 in Volkies se guns met Lichtenburg wat ‘n terugvegpoging na halftyd in die tweede helfte begin het om die telling na 29-22 te vernou. Dit was wel die einde van Lichtenburg se pogings met Volkies wat hergroepeer en weer momentum bou.
Carlo van der Merwe wat uitstekend vir Volkies op heelagter met sy presiese skopwerk. Voorlangs was die agtsteman, Johannes Lombard en flank, Vian Victor, kliphard met hul vedediging.
Lombard was ook ‘n groot aanwins op die aanval vir Volkies en het een van sy span se sewe drieë gedruk.
Luke Davey en River Samual druk elkeen twee drieë elk met Rynard de Klerk en Kyle Hattingh wat ook agter die doellyn kuier.
Van der Merwe verdoel ses drieë en sit een strafskop deur die pale.



