Die Luiperds is hierdie Saterdag, 2 Mei in aksie teen die Valke in Kempton Park in die tweede laaste kragmeting van die SA Beker vanjaar.
Die Luiperds het verlede week met 33-12 teen die Boland Kavaliers vasgeval en sal weer moet hergroepeer vir ‘n taai wedstryd teen ‘n Valke-span met hope selfvertroue in hul vlerke.
Die Valke het verlede naweek vir een van die skokke van die SA Beker gesorg toe hul die Cheetahs met 43-36 geklop het, die eerste keer in geskiedenis dat die Valke die manne van die Vrystaat klop.
Die wedstryd tussen die Luiperds en Valke skop om 15:00 af.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



