SportSport

Volkies veg terug om 2-2 met Gimmies te speel

Twee doele van Volkies se Suresh Adams kort na mekaar, sowel as 'n paar reuse blokke van hul doelwagter, JT van Staden, was genoeg om 'n gelykopuitslag te kry.

Na ‘n briljante terugvegpoging van Volkies se eerste seunshokkiespan om ‘n 2-0 agterstand na 2-2 te bring, was die kans steeds daar dat Gimmies se eerstes met die laaste korthoek van die wedstryd ‘n wen uit die tuisspan se hande op die Volkies Astro kon ruk.

Gimmies se onderkaptein, Daniel van Romburgh, stuur die bal na die sirkel, maar die doelwaartse hou mis die doelhok met sentimeters.

Die fluitjie blaas. Volkies spring in die lug en vier hoe hul vir Gimmies uitgehou het. Gimmies dink aan hoe hul ‘n 2-0 voorsprong uit hul vingers laat glip het. Die wedstryd eindig 2-2, maar dit voel omtrent soos ‘n oorwinning vir Volkies nadat hulle talle aanslae afgeweer het in hierdie stryd wat op Vrydag, 22 Mei plaasgevind het.

Foto’s: Wouter Pienaar

Volkies se Suresh Adams was die ene glimlag nadat hy twee doele in die tweede helfte aangeteken het om Volkies nuwe hoop te gee.

“Dit is ongelooflik. Dit is een van my beste oomblikke nog vir Volkies,” het hy ná die wedstryd gesê.

Aan die ander kant was Volkies se doelwagter, JT van Staden, vreesloos en het talle kere elke liggaamsdeel gebruik om die bal uit die hok te hou.

“Om my spanmaats te hoor hoe hul my met elke stop aanmoedig, het my geïnspireer. Ek weet soms self nie hoe ek al die stoppe gemaak het nie. Volkie-Gimmie bring die beste uit ‘n speler,” noem JT.

Gimmies het vroeër die inisiatief geneem met doele van Ulrich Botha en Fanie Buys om die besoekers gemaklik voor te laat loop.

Albei spanne het hard vir momentum baklei, maar op die ou einde het Volkies hul kanse benut en gesorg dat Gimmies nie met die oorwinning wegstap nie. Daar was ook talle kaarte in ‘n wedstryd waar die emosies soms hoog geloop het en bewys het hoe belangrik hierdie tweestryd was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button