SportSport

Luiperds gereed om in die Curriebeker Eerstedivisie te brul

Kan die Luiperds die SWD Arende se vlerke hierdie Saterdag in Potch pluk?

Die Luiperds se fokus is nou doelgerig op die Curriebeker Eerstedivisie wat hierdie Saterdag, 13 Junie, amptelik afskop.

Die eerste hekkie wat die Luiperds sal moet oorsteek, is die SWD Arende in ‘n tuiswedstryd op Olënpark.

Die wedstryd begin om 15:00 en die Luiperds sal elke ondersteuner se stem teen ‘n sterk SWD-span benodig.

Luiperds afrigter, Riaan van Straten. Foto: Stiaan Swanepoel

Volgens Luiperds-afrigter, Riaan van Straten, is hy opgewonde om die Curriebeker-veldtog te begin, veral met van die NWU-spelers wat by die span aansluit. Dit sluit manne soos Schalk van Schalkwyk, Zack Serfontein, Alethwa Buthelezi, Luyolo Doyi, Guhan du Bois en Ricardo Fourie in.

“Ons sien uit na hierdie wedstryd Saterdag, veral nadat hulle ons behoorlik verniel het in die SA Cup toe ons in George gespeel het. Baie van ons ouens was daardie dag siek. Ons is gereed vir die wedstryd Saterdag voor ons tuisskare.”

Luiperds-bepalings:

  • 13 Junie: Luiperds teen SWD Arende (Tuis)
  • 20 Junie: Griffons teen Luiperds (Weg)
  • 27 Junie: Oostelike Provinsie teen Luiperds (Weg)
  • 4 Julie: Luiperds teen Valke (Tuis)
  • 11 Julie: Border Bulldogs teen Luiperds (Weg)
  • 18 Julie: Halfeindstryd
  • 25 Julie: Eindstryd

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button