SportSport

Voormalige Gimmie netbalster gee nou terug as afrigter

Martiné Jordaan het dit reggekry om beide sukses as skolespeler en nou as afrigter by Gimmies te behaal.

Gimmies se wenresep vir hul seëvierende o17A-netbalspan by die Noordwesdag sluit nie net tonne talent op die baan in nie, maar bevat ook ‘n belangrike bestanddeel.

Dit is Martiné Jordaan, ‘n voormalige Gimmie-netbalster wat in 2020 aan die skool gematrikuleer het.

Martiné is die hoofafrigter van Gimmies se o17A-netbalspan, en onder haar leiding en passie vir haar alma mater speel haar span kookwater-netbal.

Martiné Jordaan toe sy vir Gimmies self op die baan verteenwoordig het.
Martiné is nou die kaptein van die North West Flames netbalspan in die Telkom Netballiga. Foto: Netbal SA

“Dit beteken ongelooflik baie vir ons as ‘n span. Ons het spelers wat nog nooit SA’s toe was nie, so dit is wonderlik om vir hulle dié geleentheid te gee,” sê Martiné.

Wanneer Martiné nie by die skool betrokke is nie, kan netballiefhebbers haar in die North West Flames se kleure sien. Sy is ook die kaptein van die span, wat net nog ‘n bewys van haar leierskap is.

“Ek is mal oor afrigting. Ek geniet die kinders en hul persoonlikhede vreeslik baie. Dit is lekker om van my kennis oor te dra en dan te sien hoe hulle groei.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button