SportSport

Volkies se o15A-netbalspan is Noordweskampioene

Dit was 'n kwessie van tuis bes vir Volkies wat op hulle bane Noordwesgoud verower het.

Volkies se kranige o15A netbalspan het hul karakter onder druk gewys om goud te verower tydens die eindstryd van die Noordwes Kay Motsepe Skolenetbaltoernooi teen Hoërskool Rustenburg.

Die o16A-span het ‘n tweede plek verower na hul net-net met 19-20 teen Wesvalia vasgeval het.

Volkies se o16A-span is Noordwes naaswenners.

Na ‘n opwindende Noordwes Netbaldag by Hoër Volkskool Potchefstroom het albei van die gasheerskool se netbalspanne vir die SA’s gekwalifiseer wat vanaf 29 Julie – 3 Augustus (o16) en 13-15 Augustus (o15) sal plaasvind.

Ohna Kasselman het ‘n puik seisoen as hoofafrigter van die o15A netbalspan vanjaar. Saam met Larissa Otto as mede-afrigter, het hul span vroeër vanjaar die Classic Clash teen Gimmies met 21-17 gewen en is nou ook Noordweskampioene. Verder het haar eerstespan ook ‘n derde plek in Noordwes behaal.

Gimmies se o14A netbalspan behaal ‘n tweede algehele plek en vorder ook na die SA Kampioenskappe. Hul het met 12-16 teen Bergsit Akademie in die eindstryd verloor.

Die o15A’s van Gimmies het in die kwartfinaal teen Wesvalia verloor terwyl die o16A’s ‘n vierde plek behaal het. Hierdie twee spanne kwalifiseer sodoende nie vir die SA’s nie.

Alrike Hattingh van Gimmies se o14A-span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button